⭐️ Inskrywings vir 2025 en 2026 is oop. Skryf in vanaf enige plek! ⭐️

⭐️ Inskrywings vir 2025 en 2026 is oop. Skryf in vanaf enige plek! ⭐️

WFA Aanlyn Hoërskool se Inskrywings Planne

2025 Grade en Skoolgeld

2026 Grade en Skoolgeld

Graad 7, 8 en 9

Alle vakke is by WFA Aanlyn Hoërskool verpligtend tensy die leerder in aanmerking kom vir ‘n toegewing, wat die leerder se immigrasie status of leer hindernis akkommodeer.

Engels of Afrikaans moet op Huistaal vlak geneem word, met die tweede taalkeuse wat op Huis- of Addisionele Taal vlak geneem moet word.

Graad 10, 11 en 12

Die leerders by WFA Aanlyn Hoërskool volg die IEB-kurrikulum wat aan alle Umalusi-vereistes voldoen. Dit verseker dat ons graad 12-leerders in aanmerking kom om vir die Nasionale Senior Sertifikaat in te skryf.

Sewe vakkeuses is verpligtend.

Engels of Afrikaans moet op Huistaal vlak geneem word, met die tweede taalkeuse wat op Huis- of Addisionele Taal vlak geneem moet word.

WFA Aanlyn Hoërskool se Benadering tot Lewensoriëntering

Leerders by WFA Aanlyn Hoërskool word aangemoedig om te ontwikkel in wetsgehoorsame, selfversekerde, produktiewe en omgee-individue; ‘n lewenswyse wat ‘n positiewe effek het in die samelewing. WFA Aanlyn Hoërskool volg die IEB-belynde Lewensoriëntering kurrikulum. Ons persoonlike ontwikkelingsprogram ondersteun en verryk die onderwerpe.

Tegnologie Vereistes vir WFA Aanlyn Hoërskool Leerders

‘n Skootrekenaar met ‘n minimum van 256 GB hardeskyf, 8GB RAM en ‘n geïntegreerde (of aparte) web kamera.

Stabiele internetverbinding met ‘n oplaai spoed van  ~ 5mb en ‘n aflaai spoed van ~ 10mb (‘n Laer stroomtempo kan werk, afhangende van die stabiliteit van die lyn.)

Windows 10 en betroubare antivirusprogrammatuur (bv. “Bitdefender”, “Mcafee” of “Norton”)

‘n A4-drukker (swart en wit sal voldoende wees, hoewel kleur aanbeveel word). ‘n Skandeerder is onnodig wanneer leerders “Slim fone” gebruik – hulle kan eenvoudig gebruik maak van aanbevole toepassings (Apps) soos “Genius Scan” (iOS) of “Cam Scanner” (Android).

Wat WFA Aanlyn Hoërskool Jou Bied

Gerief

Ons aanlyn platform stel leerders in staat om van die huis af te studeer deur in te skakel by opgeneemde lesse, wat die behoefte aan duur privaat onderrig verminder.

Bekostigbaarheid

Aanlyn leer besnoei koste soos inwoning, uniforms en pendel, met toegang tot studiemateriaal op ons toepassing (App), Microsoft 365 en “Snapplify”-biblioteek.

Ontwikkelingsprogram

Hierdie program is beskikbaar ongeag ‘n leerder se ligging. Gevallestudies word aangebied deur individue in die besigheidswêreld – interaksies wat die leerervaring suksesvol ondersteun.

Reis Leer

Leerders wat gereeld reis vir sport- of kulturele aktiwiteite kan sonder onderbrekings voortgaan met hul studies, indien Internet beskikbaar is. Die verskille in tyd sones tussen leerders en onderwysers word ook geïdentifiseer en voldoende aangespreek.

Regstreekse Lesse

Ons regstreekse lesse word aangebied deur SACE-geregistreerde, gekwalifiseerde, IEB-ervare onderwysers, wat die behoefte aan “tutors”, ekstra lesse en selfonderrig uitskakel. Assesserings voldoen aan IEB-vereistes en ondergaan noue moderering.

Inklusiwiteit

Geestelike welstand is ‘n primêre fokus by WFA Aanlyn Hoërskool. Ons leeromgewing akkommodeer leerders met gesondheidskwessies, fisiese gestremdhede en mobiliteit uitdagings. Leer hindernisse word voldoende aangespreek in ooreenstemming met die IEB-beleid.

WFAconnect – WFA Aanlyn Hoërskool se Toepassing

U wagwoord vir toegang tot ons aanlyn akademiese platform word beskerm.

Leerders en ouers / voogde kry toegang tot alle skoolkalenders, roosters, lesse, vak notas en assesserings. Ons leerders se vordering en prestasies kan aktief gemonitor word.

Regstreekse Lesse Opgeneem via Teams

Ons onderwysers is ten volle gekwalifiseer, het IEB ervaring, en is geregistreer by SACE.

Elke les word opgeneem, en toestemming om toegang tot klasse te verkry word gemonitor en beheer via die “WFAconnect-app”. WFA Aanlyn Hoërskool leerders kan slegs ‘n klas in ‘n spesifieke vak bywoon as hy / sy daarvoor ingeskryf is.

Weeksdae – 8vm tot 2:15nm

Gereelde klas bywoning word aangemoedig by WFA Aanlyn Hoërskool.

Daar word van ons leerders verwag om vooraf hul bywoning vir ‘n klas aanlyn te bespreek. By geleentheid sal daar van leerders verwag word om opgeneemde lesse te kyk voor die lewendige les, sodat die teorie in gevallestudies of oefeninge toegepas kan word.

Hanteerbare Groepgroottes

In kleiner groepe kan onderwysers hul leerders beter leer ken, ondersteun en voortdurend monitor.

Om dit te bevorder, word ons leerders aangemoedig om hulle kameras tydens interaktiewe aanlyn klasse aan te skakel. Dit bevorder leerder-onderwyser betrokkenheid, en stel die leerder in staat om te fokus vir die duur van die les.

Ons Onderwysers is Betrokke

Ons onderwysers is elke stap van die pad diep betrokke by die welstand van WFA Aanlyn Hoërskool leerders.

Onderwysers handhaaf noue betrokkenheid by ons leerders se akademiese en persoonlike ontwikkeling en bied deurgaans persoonlike terugvoer. Ons toepassing (App) bied bykomende vasvrae en kort take.

Verpligte Voorleggings

Alle take, toetse en eksamens is verpligtend vir ons leerders.

Om te verseker dat WFA Aanlyn Hoërskool leerders op datum bly, word assesserings deur ons span onderwysers opgestel en geëvalueer. Ons onderwysers poog om geloofwaardigheid en relevansie van afgehandelde modules te verseker.

WFA Connect App Demo

Gereed om u opvoedkundige reis by WFA Aanlyn Hoërskool te begin?