Getuigskrifte
Enkele getuigskrifte van ons ouers
My seun was onseker oor die skuif van laerskool na hoërskool. Ons besef dat kinders nie altyd klein kan bly nie, en om ‘n geskikte hoërskool te vind was een van die mees uitdagende “soeke” vir ons as ouers. Sedert ons ‘n ontmoeting gehad het met die skoolhoof van WFA Aanlyn Hoërskool, het alles glad verloop. My seun mis laerskool, maar nou sien hy uit na die toekoms, en om sy hoërskool opleiding by WFA te voltooi! Fantastiese onderwysers en ‘n ongelooflike oop-deur beleid! Dankie aan ALMAL by WFA Aanlyn Hoërskool.
Ek het nog nooit met enige skool te doen gehad waar jy direk met die stigterslid of die skoolhoof kan praat i.v.m. ‘n inskrywing nie – by WFA KAN JY. Gewoonlik praat ‘n mens met ‘n administrateur of ‘n konsultant, maar by WFA is niemand net ‘n nommer nie – hulle behandel jou as ‘n persoon met keuses en ‘n stem! Die Christelike waardes waarvoor WFA staan is vir my ‘n trekpleister, en tot dusver het hulle daardie waardes uitgeleef. Die liefde en passie vir wat hulle doen kom na vore deur die manier waarop hulle die leerders leer. Wanneer ek as ouer iemand by WFA wil kontak, word ek nie na een of ander robot gerig nie, ek word deurgeskakel na ‘n mens wat met my kan gesels. Ek is absoluut mal oor WFA! Absoluut 100% persent die beste keuse om te maak.
Ons het onlangs ons dogter by WFA Aanlyn Hoërskool ingeskryf, en tot dusver is ons baie tevrede met die manier waarop hulle dinge hanteer. Daar is voortdurende kommunikasie tussen die onderwysers en ouers, en ons kry gereelde opdaterings oor hoe dit met die kinders gaan. Ons dogter is gemotiveerd om hard te werk en slim te studeer. Sy geniet al haar lesse, danksy klein klasse en ‘n span toegewyde onderwysers wat op elke kind individueel fokus. Ek wens alle kinders het die geleentheid gehad om by hierdie skool in te skryf. WFA is die beste!
Ek is baie beïndruk met die passie, toewyding en professionaliteit van die personeel. Hulle bied ‘n omvattende program, gekwalifiseerde en entoesiastiese onderwyspersoneel, indrukwekkende mentorskap, leierskap ontwikkeling en ontwikkeling van entrepreneurs vaardighede. Dit is ‘n uitstekende pas vir ons gesin, bied ‘n veilige omgewing, asook lewendige en opgeneemde lesse. By WFA kan my seun sy volle potensiaal bereik en dissipline en karakter in ‘n skoolomgewing ontwikkel.
Ek wil net graag se dat ons baie in ons skik is met die skool tot dusver. Marche is ook baie tevrede en sy kom mooi deur haar werk. Die onderwysers maak die kinders so mooi deel van elke klas so die interaksie is baie goed. Ek wil vir al vir Mnr Ludwig Schutz ‘n pluimpie gee. Die wyse waarop hy Wiskunde klas gee is tops. Hy maak seker dat die kind verstaan en hy verduidelik baie goed. En ek moet jou se in ons omswerwinge tussen soveel skole is dit verseker iets wat ontbreek. ‘n Goeie Wiskunde onnie kan ‘n kind se lewe maklik of moeilik maak. Goed gedoen en baie dankie!
Opmerkings van ons leerders
Die onderwysers is hoogs gekwalifiseerd en toegewyd, en die kurrikulum is beide uitdagend en verrykend. Die skool het ook ‘n prettige en gemaklike atmosfeer wat leer aangenaam maak. Ek is mal oor die feit dat onderwysers leerders aanmoedig en motiveer om beter te doen en harder te werk, en ek het die versekering dat hulle elke stap van die pad teenwoordig sal wees
Ek ervaar die skool sover baie lekker. Dit is ‘n nuwe uitdaging vir my, want ek was nog nooit in ‘n aanlyn skool nie. Ek geniet die skool tye ook baie, en om dit by die huis te doen maak dit baie gemakliker en lekkerder. Die aandag wat ons in die klas kry, omdat die klasse nog klein is, is ook goed, want ons kry die aandag wat ons nodig het.
Ek hou baie van die skool. Ek het ‘n wonderlike leerervaring, en ek het baie vriende gemaak!
Dit is ‘n baie lekker ondervinding en ‘n baie lekker omgewing om in te wees.
Ek is mal oor WFA Aanlyn Hoërskool omdat dit geestelik gesond en baie pret is.
Ek geniet hierdie skool. Dis baie lekker want ek hou daarvan om te werk.
Ander Getuigskrifte
Fantastiese nuwe skool! So beïndruk deur die personeel, hul visie en waardes.
Die span agter hierdie skool is ‘n kragbron van ervaring en passie. Hulle verstaan duidelik die uitdagings en geleenthede van aanlyn onderwys. Die goed georganiseerde leer platform weerspieël hulle toewyding aan doeltreffendheid.
As ‘n vorige leerder kan ek net geïnspireer word deur die mense wat hierdie program saamgestel het. Ek kan getuig daarvan dat hierdie onderwysers steeds daagliks ‘n positiewe impak maak en my lewe op ‘n positiewe manier bou. Dankie Hestie en Wicus!
Ek is ‘n voormalige leerder van Wicus Jordaan. Hy was een van die mense wat ‘n reuse invloed op my lewe gehad het. Hy het gereeld die ekstra myl geloop en opreg in my belanggestel. Hy was altyd daar vir sy leerders. Hy het ‘n belangrike rol gespeel in die opbou van leerders en hy het ons aangemoedig om in onsself te glo. Ek beveel hierdie instelling beslis aan.
Ek was uiters gelukkig om paaie te kruis met beide Mev Hestie-Marie Smith en Mnr Wicus Jordaan. Mev Smith was my register onderwyseres, en ek het goeie herinneringe van haar klasse. Albei hierdie onderwysers is ‘n bron van krag, en dit was ‘n eer om deur hulle onderrig te word. Sterk aanbeveel!
Ek het die voorreg gehad om saam met Mnr Jordaan en Mev Smith te werk, en ek is oortuig daarvan dat julle skool ‘n merkwaardige sukses sal wees. Julle passie vir kinders en julle professionaliteit hou die belofte in van vele mylpale. Trots op julle albei.
Dit was vir my ‘n voorreg dat Mnr Wicus Jordaan my koshuis hoof was gedurende my hoërskool dae. Hy was soos ‘n pa vir my, en ek is dankbaar vir sy waardevolle lesse wat ek lewenslank saam met my sal dra. Op grond van my ervaring met Mnr Jordaan, beveel ek sterk aan dat leerlinge by WFA aansluit. Sy sorg, ondersteuning en leiding is eenvoudig ongeëwenaard.
WFA is ‘n aanlyn skool met uitstekende waardes en sedes, en ‘n bestuurspan wat die behoeftes van leerders in die aanlyn omgewing verstaan. Wat die bestuur spesiaal maak, is die feit dat hulle die daaglikse uitdagings van die onderwysstelsel verstaan, en struikelblokke met ‘n positiewe benadering hanteer. Wicus en Hestie-Marie is passievolle en inspirerende opvoeders. Hulle stap die ekstra myl vir leerders en verander lewens, een leerder op ‘n slag. Ek beveel WFA sterk aan vir al jou aanlyn behoeftes.
Ek het die plesier gehad om saam met Hestie-Marie Smith te werk, en ek is geïnspireer deur haar toewyding aan onderrig. Haar entoesiasme vir onderwys is aansteeklik en sy motiveer haar leerders en kollegas om na uitnemendheid te streef. Ek sal WFA Aanlyn Hoërskool sterk aanbeveel.
In ‘n veranderende wêreld waar dwelms, geweld en negatiewe groepsdruk verskans is in die skoolstelsel, is WFA se konsep ‘n lewensvatbare alternatief. Die fokus op onderwys moet terugkeer na onderrig in ‘n veilige, bekostigbare en verrykende omgewing – WFA merk hierdie blokkies.
Mev. Smith is ‘n uitsonderlike onderwyser wat altyd ekstra moeite doen vir haar leerders. Sy gee opreg om vir elke leerder se sukses.
Mev Smith is ‘n uitstekende opvoeder wat positief is in die aanbieding van haar lesse en haar leerders aanmoedig om hul bes te doen. Sy het my gehelp om my punte drasties te verbeter. Ek was mal daaroor om in haar klas te wees!