Aanlyn Skoolopleiding vs Tuisonderwys – die keuse van die regte benadering t.o.v. jou kind se opvoeding kan ‘n groot impak maak op sy / haar toekomstige sukses. Vir baie ouers sentreer die debat dikwels rondom aanlyn onderrig teenoor tuisonderwys. Alhoewel albei opsies voorsiening maak vir buigsame tuis leer, verskil hulle baie in terme van struktuur, hulpbronne en uitkomste. By WFA Aanlyn Hoërskool kombineer ons die beste elemente van tradisionele onderwys met die gerief om van die huis af te leer. Daarbenewens bied ons jou kind ‘n dinamiese en ondersteunende omgewing wat veel verder strek as wat tuisonderrig alleen kan bied.
Aanlyn Skoolopleiding vs Tuisonderwys
- IEB-gekwalifiseerde, aanlyn-onderrig ervare, toegewyde en sorgsame onderwysers is verantwoordelik vir die lewering van onderwys, in vergelyking met ouers wat die primêre opvoeders is.
- Gestruktureerde, IEB-belynde kurrikulum, in vergelyking met ouers wat voldoening aan opvoedkundige standaarde moet bestuur.
- Aktiewe aanlyn gemeenskap wat ‘n gestruktureerde benadering tot sosiale interaksie bied, in vergelyking met doelbewuste pogings vir sosiale betrokkenheid.
Met WFA Aanlyn Hoërskool sal jou kind meer baat:
- Gespesialiseerde fokus op die ontwikkeling van besigheid- en entrepreneurs vaardighede.
- Pasgemaakte program in Lewens Oriëntering gefundeer op Bybelse beginsels.
- Boeiende buitemuurse aktiwiteite, in-persoon en aanlyn.
- Uitbreiding van die gesinstruktuur, deur jou kind bloot te stel aan positiewe manlike en vroulike rolmodelle d.m.v. ons unieke mentorskap program.
- Jou kind kan aan die einde van Graad 12 met geld in hul sak wegstap: R30 van elke maandelikse skoolgeld koop vir jou kind R1 WFA Holding Group-aandele.
By WFA Hoërskool glo ons dat onderwys meer as net akademie behoort te wees – dit moet jou kind voorberei vir die lewe. Met ‘n gestruktureerde IEB-belynde kurrikulum, onderwysers wat ervare is in beide aanlyn onderrig en IEB onderwys, en ‘n magdom bykomende voordele, soos ons pasgemaakte program in Lewensoriëntering, ‘n program in die ontwikkeling van entrepreneurs- en besigheid vaardighede, unieke mentorskap program, en boonop geleenthede in deel-eienaarskap, poog ons om ons studente toe te rus met die gereedskap wat hulle nodig het om te floreer. Ontdek die verskil wat verrykende, geloofsgebaseerde en vooruit denkende aanlyn onderwys kan maak. Kyk vandag na ons aanbod om meer te wete te kom, en neem die eerste stap om ‘n beter toekoms vir jou kind te verseker.
Beperkte plekke is beskikbaar vir Graad 7 tot 10. Graad 11 en 12 sal onderskeidelik vanaf 2026 en 2027 beskikbaar wees. Moenie uitstel nie, sluit vandag by WFA aan!