Die wete dat jou kind nog nie ‘n skool plasing vir die komende jaar kon kry nie, kan oorweldigend wees. Moenie paniekbevange raak nie, want WFA Aanlyn Hoërskool se 2025 registrasies is nog oop. Neem kennis van hierdie blog se inhoud, lees die algemene navrae op die FAQ-blad, en jou vergewis van ons kurrikulum struktuur, mededingende prys plan, en die voordele om jou kind by ons aanlyn skool in te skryf. Jy sal vinnig besef hoekom WFA Aanlyn Hoërskool die beter opsie vir beide jou kind en jou gesin is. Ons span is ook gereed om jou by te staan met vinnige en persoonlike diens. Hulle sal die konteks van jou omstandighede in ag neem en verduidelik hoekom WFA Aanlyn Hoërskool ‘n goeie pas vir jou kind is. Hulle gee ook graag leiding met die invul van aansoekvorms. Indien dit jou voorkeur opsie is, kontak Hestie-Marie Smith (ons Adjunkhoof en HOB) by +27 72 160 5819 of info@wfaonline.co.za.
Waarom is WFA Aanlyn Hoërskool ‘n goeie keuse?
Jou kind sal die voordeel hê van buigsame leer binne ons gestruktureerde raamwerk. Ons verskaf hoë gehalte, IEB-belynde onderwys, en ons IEB- onderwysers is ervare in aanlyn onderrig. Ons bied lewendige, opgeneemde lesse aan in beide Engels en Afrikaans.
Program vir die ontwikkeling van besigheid- en entrepreneurs vaardighede
Benewens ons vakaanbod, bied ons ook ‘n gespesialiseerde program vir die ontwikkeling van besigheid- en entrepreneurs vaardighede, wat ons studente blootstel aan praktiese gevallestudies en werklike insigte van suksesvolle sake-eienaars en entrepreneurs. Hierdie program is vir AL ons studente van Graad 7 tot Graad 12, ongeag of hulle Besigheid Studies as ‘n keusevak neem. Ons lig ons studente in oor die belangrikheid van besigheid denke, en berei hulle voor om dit toe te pas in hul professionele lewens. Jou kind sal beter toegerus wees met selfvertroue, en die vaardighede wat nodig is, om óf hul eie besigheid te begin terwyl hulle nog op skool is, óf nadat hulle gegradueer het, sou hulle kies om dit te doen. Met elke maandelikse skoolgeld betaling gaan R30 na R1-aandele in die WFA-beheergroep. Dit beteken dat jou kind die geleentheid het om aan die einde van Matriek met geld in hul sak weg te stap. Hulle kan die fondse aanwend vir groeiende entrepreneurs pogings, tersiêre studies, en / of die verskaffing van hulp by die huis.
Pasgemaakte program in Lewensoriëntering
Ons beskou ons pasgemaakte Lewensoriëntering program as die hart van ons skool: Ons beklemtoon die belangrikheid van Lewensoriëntering, en staan jou kind by met morele en etiese karakterontwikkeling. Ons program fokus op die toepassing van Bybelse beginsels, en ons verskaf mentorskap van positiewe manlike en vroulike rolmodelle. Op hierdie wyse word die gesinstruktuur uitgebrei, en word jou kind voorberei om waardevolle leiding in hul professionele en persoonlike lewens te neem.
Aktiewe aanlyn gemeenskap en buitemuurse aktiwiteite
Ons studente is betrokke by ‘n aanlyn gemeenskap wat aktief ondersteunend is, en genoeg geleenthede bied sodat jou kind sosiale vaardighede kan ontwikkel en lewenslange vriendskappe kan sluit. Ons persoonlike en aanlyn buitemuurse aktiwiteite sluit in musiek, karate, debatvoering, krieket, boek klubs, fliek, vasvra, speletjies aande en dies meer. Al hierdie aktiwiteite bevorder jou kind se kognitiewe ontwikkeling en bied ‘n prettige sosiale ruimte weg van studies en boeke.
By WFA Aanlyn Hoërskool verstaan ons hoeveel kommer ‘n ouer kan ervaar indien sy / haar kind nog nie ingeskryf is by ‘n skool nie. Ons is gereed om jou behoeftes te vervul. Kontak ons dadelik vir meer inligting. Moenie dit uitstel nie: Doen nou aansoek.
Jou kind se toekoms wink, en WFA Aanlyn Hoërskool kan help om 2025 ‘n jaar van sukses en groei vir jou kind te maak.