Onderrig en onderwys is voortdurend besig om te ontwikkel, en ouers het ‘n verskeidenheid van opsies vir hul kinders se skoolopleiding. WFA Aanlyn Hoërskool bied ‘n verrykende, opvoedkundige ervaring, wat aangepas is vir moderne leer behoeftes. Ons onderrig stelsel verseker dat studente akademies vaardig is, EN afgerond is in verskeie lewensvaardighede.
Ons Kurrikulum:
WFA Aanlyn Hoërskool volg die IEB-kurrikulum, wat erken word vir sy streng standaarde en omvattende benadering tot onderwys. Behalwe die tradisionele vakke, bied ons ‘n pasgemaakte Lewens oriënteringsprogram, praktiese Landbou studies en ‘n uitgebreide Besigheid- en Entrepreneurs program. Hierdie program bevorder ‘n entrepreneurs gees van jongs af, en is ontwerp om studente voor te berei vir werklike uitdagings en geleenthede.
Tegnologie:
Die kern van ons benadering is die “WFAconnect App”. Hierdie innoverende hulpmiddel stel ouers en studente in staat om met gemak toegang te kry tot assesserings, klas skedules en bywoning kennisgewings. Ons moedig video deelname in klasse aan: dit maksimaliseer betrokkenheid en interaksie, en bevorder ‘n lewendige opvoedkundige omgewing.
Klas Struktuur:
Ons handhaaf klein klas groottes, beperk tot 20 studente. Dit verseker dat elke leerder die aandag en ondersteuning kry wat hy / sy nodig het. Ons lesse is buigsaam, akkommodeer verskillende leerstyle en skedules, en word regstreeks aangebied en opgeneem via “Teams”.
Akkreditasie:
Ons skool is geakkrediteer deur die IEB, SACE en ISASA, wat beteken dat ons opleiding internasionaal erken word. Ouers is dus verseker van die hoogste opvoedkundige standaarde en wêreldwye aanvaarding.
Onderwysers:
Ons fakulteit bestaan uit sorgsame, ondersteunende en IEB-ervare onderwysers, vaardig in aanlyn onderwys metodologieë. Ouers kry die gemoedsrus dat hul kinders die beste moontlike onderrig en leiding ontvang.
Omgewing en Buitemuurse Aktiwiteite:
Ons prioritiseer geestesgesondheid en bied ‘n ondersteunende leeromgewing. Ons buitemuurse aktiwiteite sluit onder meer in boek klubs, debatvoering, krieket en musiek. Ons brei voortdurend ons aanbiedinge uit om oorsese reise, skool kampe en interaktiewe vasvra-aande in te sluit. Onderrig by WFA Aanlyn gee aandag aan akademie en aan die bou van karakter en lewensvaardighede.
Gereed om jou kind in te skryf by ‘n skool wat jong mense voorberei vir die toekoms? Doen nou aansoek deur ons aanlyn aansoekvorm in te vul. Neem die eerste stap na ‘n omvattende en sorgsame opvoedkundige reis.
Welkom by die toekoms van onderwys. n’ Toekoms gevestig op karakter.