By WFA Aanlyn Hoërskool is ons trots om ‘n kurrikulum aan te bied wat gebaseer is op die Onafhanklike Eksamenraad (IEB) se gesogde standaarde. Die IEB-kurrikulum is bekend vir ‘n holistiese benadering tot onderwys met streng akademiese standaarde. Hierdie platvorm berei studente voor vir ‘n tersiêre opleiding EN ‘n suksesvolle loopbaan in ‘n globale konteks.
Die IEB-kurrikulum het sy oorsprong in Suid-Afrika, en bied ‘n omvattende opvoedkundige raamwerk wat op gelyke voet met internasionale standaarde kompeteer. Dit verseker dat ons gegradueerdes erken word vir hul akademiese vaardigheid en afgeronde ontwikkeling, plaaslik en internasionaal.
Een van die unieke aspekte van die IEB-kurrikulum by WFA Aanlyn Hoërskool, is ons pasgemaakte benadering tot die Lewensoriëntering (LO)-vak. Lewensoriëntering is ‘n belangrike komponent van die IEB-sillabus. Die vak is ontwerp om studente toe te rus met lewensvaardighede, sosiale ontwikkeling, fisiese gesondheid en ‘n etiese ingesteldheid om in vandag se komplekse wêreld te floreer. By WFA Aanlyn pas ons die LO-kurrikulum aan: ons plaas die klem op Bybelse beginsels, en sluit entrepreneurs vaardighede in. Hierdie benadering is in lyn met ons skool se missie om toekomstige leiers te ontwikkel wat gegrond is op geloof en innoverend kan dink.
By WFA Aanlyn Hoërskool, met IEB-gebaseerde onderwys, kry studente verskeie voordele:
- Erkenning: IEB-kwalifikasies word wyd gerespekteer deur universiteite en werkgewers, beide in Suid-Afrika en in die buiteland.
- Holistiese ontwikkeling: Ons kurrikulum bevorder akademiese, geestelike en persoonlike groei.
- Aangepaste leer: Ons persoonlike opvoedkundige ervarings maak voorsiening vir die behoeftes van individuele studente, wat optimale betrokkenheid en prestasie verseker.
Skryf in by WFA Aanlyn Hoërskool, en ervaar ‘n wêreldklas onderwys wat jou voorberei vir die uitdagings en geleenthede van die toekoms.