Inskrywings vir 2025 is nou oop! Skryf in vanaf enige plek!

Die Geheim tot ‘n Suksesvolle Lewe: ‘n Boek deur Jeff Olson

Aug 22, 2024 | Wen in Besigheid

Jeff Olson, skrywer van “The Slight Edge”, maak die volgende stelling in sy boek: “Indien twee oënskynlik soortgelyke mense presies dieselfde geleenthede ontvang, kan die een die kans benut en merkwaardige sukses behaal, terwyl ‘n ander die geleentheid miskyk. Een persoon kan groei en wen, terwyl ‘n ander onaangeraak is en hy/sy se lewe onveranderd bly.”

Die skrywer sê hy dat hy, gedurende sy jare van ondervinding in die sakewêreld, met ‘n paar duisend mense uit elke denkbare lewenswandel gewerk het. En almal met wie hy te doen gekry het, het presies dieselfde geleentheid gehad. Jeff se ervaring was dat sommige mense ryk geword het, ander het ‘n goeie bestaan verdien, terwyl die meerderheid mense niks besonders bereik het nie. Hy antwoord die vraag “Hoekom?” as volg: Dit is nie ‘n kwessie van geluk, tydsberekening of die noodlot nie. Boonop het intelligensie, vaardigheid of talent niks daarmee te doen nie.

So, wat is die geheime bestanddeel? Jeff som dit op: Jou filosofie bepaal jou houding, optrede en resultate, wat om die beurt jou lewe rig en vorm.

Kom ons kyk noukeurig na wat hy bedoel:

  1. Filosofie is die soeke na kennis. Dit beteken eenvoudig om jou denke te verander.
    1. Ralph Emerson het dit so gestel: “Doen wat jy moet doen, en jy sal bemagtig voel.”
    2. Nike vereenvoudig dit: “Just do it.”
    3. Die formule vir sukses is eenvoudig: jou suksesse moet dubbel soveel wees as jou aantal mislukkings.
    4. Suksesvolle mense ervaar talle mislukkings op hulle pad na sukses.
  2. Jou filosofie bepaal jou houding:
    1. Wat kan ek doen om jou te help? Of
    2. Wat het jy die afgelope tyd vir my gedoen?
    3. ‘n Houding waar “ek” die middelpunt is: Betaal my meer, en dan sal ek dalk harder werk.
    4. ‘n Houding gedrewe deur waardes: Ek sal harder werk, en dan verwag ek dat jy my meer sal betaal.
  3. Jou filosofie rig jou optrede:
    1. Jou uitkyk op die lewe bepaal hoe jy optree. Die beginsel dat mense se opinie verskil oor ‘n glas wat net halfpad gevul is, nl. half-vol of half-leeg, bepaal hoe hulle ‘n situasie hanteer. Dit kom neer op ‘n positiewe versus ‘n negatiewe houding.
    2. Die meeste van ons wil sukses oornag bereik. Jou denke moet gefokus bly op jou einddoel, terwyl jou optrede gerig moet wees op klein treetjies vorentoe.
    3. Indien jy geduld verstaan, besef jy dat die somtotaal van baie klein treetjies wel ‘n impak kan maak. Strewe na voortdurende groei. Sukses neem tyd.

Uiteindelik sal die kombinasie van jou filosofie, houding en optrede jou lewe rig en vorm.

 

Gereed om u opvoedkundige reis by WFA Aanlyn Hoërskool te begin?