Jack verduidelik die onderbou van die beginsels onderliggend aan sy benadering tot besigheid. WFA Aanlyn Hoërskool onderskryf presies dieselfde beginsels. Ons eerste “Winning” blog sal fokus op die eerste beginsel, naamlik die belangrikheid van ‘n sterk handelsmerk missie en konkrete waardes. Die beginsel wat die skrywer noem is veelsydig en kan toegepas word op enige huishouding, besigheid of sportspan. Kom ons ondersoek hierdie beginsel.
‘n Sterk Missie – WFA Aanlyn Insigte:
Jack noem in sy boek dat ‘n sterk missie eintlik net een vraag beantwoord, nl. Hoe beoog ons om in hierdie besigheid te wen? Selfs ‘n 14-jarige kind kan hierdie vraag vra!
Voorbeelde:
1. Hoeveel ure moet ek studeer om ‘n slaagsyfer van 60% te behaal?
2. Hoeveel keer moet ek ‘n my werk hersien om die inhoud te memoriseer?
3. Het ek ‘n lees kursus aan die begin van die akademiese jaar voltooi?
4. Hoe kan ek seker maak ek dat ek alle lesings bywoon?
5. Hoe bepaal ek die ure wat ek nodig het vir voorbereiding vir die eksamen?
6. Hoe kan ek ‘n gesonde slaap roetine vasstel?
7. Hoe koester ek gesonde familie verhoudinge by die huis?
8. Hoe kies ek vriende wat hul eie missie stellings kan maak?
Sterk Waardes – ‘n Sleutelfokus van WFA Aanlyn:
Jack noem ook dat waardes eintlik net gedrag is. Hy gebruik die woord “nitty-gritty”, wat so beskrywend is dat mens amper nie jou verbeelding hoef te gebruik nie.
Voorbeelde:
1. Moet nooit dat persoonlike gewin jou verhoed om mense reg te behandel nie.
2. Bou doelbewus goeie verhoudings met studente wat dieselfde dink as jy.
3. Probeer altyd om dit maklik te maak vir mense om jou vriende te wees.
4. Kommunikeer daagliks met jou familielede.
5. Om dankie te sê is altyd waardevol.
6. Wanneer jy na iemand luister moet jou instelling wees dat jy dalk iets by hulle kan leer.
7. Streef altyd daarna om die waarheid te vertel.
By WFA Aanlyn Hoërskool is dit ons plig om ons studente te help om stellings te ontwikkel om hul eie missies en waardes te omskryf.